Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Staat het 3 weke om plan te maak met Eskom
Tito MboweniFoto: Elvira Wood

Die Suid-Afrikaanse regering praat al maande lank oor hoe hy Eskom gaan red, ekonomiese groei gaan aanspoor en sy bedenklike finansies weer op koers gaan kry.

Die regering sal egter teen 30 Oktober sekere van dié besluite móét neem.

Dit is wanneer Tito Mboweni, minister van finansies, sy mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement voorlê.

Hy gaan dan groter duidelikheid moet gee oor hoe die staat die enorme reddingsboeie gaan finansier wat aan Eskom toegeken is, juis wanneer ekonomiese groei stadig is en inkomste uit belasting daal.

Mboweni gaan dié planne moet uiteensit twee dae voordaat Moody’s Investors Service gesê het hy gaan sy nuutste besluit oor die land se kredietgradering bekend maak.

Moody’s is tans die enigste van die drie groot kredietgradeerders wat nog nie Suid-Afrika se skuld tot onder beleggingsgraad, oftewel rommelstatus, afgegradeer het nie. Sy gradering vir die land is Baa3 met ’n stabiele vooruitsig.

“Ons tyd begin nou regtig min raak,” sê Isaac Matshego, ’n ekonoom by Nedbank, in ’n telefoniese onderhoud met Bloomberg.

“Die belangrikste prioriteit vir die staat is om die sleutel-staatsondernemings te stabiliseer. Dit is nie net omdat hulle bedryfsgewys inmekaarstort nie, maar omdat hulle groot druk op die fiskus plaas,” sê hy.

Pres. Cyril Ramaphosa se vermoë om ongewilde beleidsbesluite deur te druk, word beperk deur sy tingerige houvas op die diep verdeelde ANC en die opposisie van vakbonde en kommunistiese bondgenote wat privatisering teenstaan uit vrees vir werkverliese.

Die stadige pas waarteen hervorming plaasvind, frustreer ook beleggers. Beleggersvertroue het tot die laagste vlak sedert 1985 gedaal.

Dit plaas ook druk op die rand, wat sedert Ramaphosa in Februarie 2018 die leisels by Jacob Zuma oorgeneem het, met 23% teenoor die Amerikaanse dollar verswak het.

Die rand het Maandag teen R15,14 teenoor die dollar verhandel.

Die vordering met Eskom, wat ongeveer 95% van die land se krag lewer en as die grootste risiko vir die ekonomie beskou word, is veral stadig. Eskom is sedert Julie sonder ’n permanente hoof nadat Phakamani Hadebe bedank het.

Reddingsboeie ter waarde van R128 miljard oor die volgende drie jaar is aan Eskom toegeken om hom solvent te hou. – Bloomberg, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.