Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Staat maak R1,5 miljard méér skuld per week

Die staat gaan R1,5 miljard per week méér effekte uitreik – dus skuld maak – weens die bykomende finansiële hulp aan Eskom en die feit dat minder belasting ingevorder word as wat begroot is.

Melkbosstrand North of Cape Town South Africa Powe
Die tesourie het bekend gemaak hoe die nuwe reddingsboei aan Eskom betaal gaan word. Foto: Getty Images

Die nasionale tesourie het op die JSE se nuusdiens aangekondig die bykomende ondersteuning aan Eskom, wat onlangs aangekondig is, tesame met die swakker belastinginkomste vereis dat die staatsleningsvereiste vir die lopende boekjaar verhoog word en dat die “finansieringstrategie hersien is”.

Die regering maak normaalweg in Februarie met die nasionale begroting die staat se leningsvereistes bekend vir die boekjaar, wat in April begin.

Die staatseffekte, wat weekliks op ’n veiling aan beleggers uitgereik word, gaan met meer 37% van R4,06 miljard tot R5,57 miljard per week verhoog.

  • Die veiling vir vastekoers-staatseffekte verhoog met R1,2 miljard van R3,3 miljard tot R4,53 miljard.
  • Die inflasiekoers-gekoppelde staatseffekte gaan met R280 miljoen van R760 miljoen tot meer as R1,04 miljard verhoog.
  • Dit beteken die totale bedrag effekte styg met R1,51 miljard tot R5,57 miljard.

Die verhoging skop in op die veilings wat op 6 Augustus vir die vastekoers-staatseffekte plaasvind en op 16 Augustus vir die inflasie-gekoppelde staatseffekte.

Die tesourie het Dinsdag in die state oor die regering se inkomste, uitgawes en leningsvereistes tot einde Junie getoon dat hy van die begin van die boekjaar af reeds R57,4 miljard geleen het. Vergeleke daarmee het hy laasjaar dieselfde tyd R27,5 miljard geleen.

Volgens die Februarie-begroting wil die staat in die boekjaar R255,2 miljard leen vergeleke met R232,8 miljard verlede jaar.

Intussen het die kommer oor die Eskom-reddingsboei die rente wat die staat op die tienjaar-staatseffekte moet betaal, die afgelope week van 8,1% tot 8,34% versleg.

Tito Mboweni, minister van finansies, het verlede Woensdag die reddingsboei aangekondig. ’n Spesiale toedelingswetsontwerp gaan hulp van R26 miljard vanjaar en R33 miljard volgende jaar aan Eskom moontlik maak, bykomend tot die R23 miljard per jaar wat reeds in die Februarie-begroting aangekondig is.

Meer oor:  Eskom  |  Tesourie  |  Staatsondernemings  |  Belasting  |  Staatseffekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.