Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Staat soek mediese maskers, ventilators

Die nasionale tesourie het ’n projekbestuurskantoor ingerig om spesifiek mediese veiligheidsklere en ventilators van die private sektor aan te koop om die tekort in staatshospitale aan te vul.

koronavirus, polisieman, masker, handskoene
Die staat is dringend op soek na verskaffers van onder meer gesigmaskers.

Aanbiedings kan aan die kantoor gestuur word vir die volgende lys van veiligheidsprodukte:

  • Voorskote;
  • Jurke;
  • Brille;
  • Handskoene;
  • Oorskoene;
  • Mantels;
  • Sakke vir lewensgevaarlike mediese afval;
  • Ventilators;
  • Alkohol vir ontsmettingsdoeleindes en kliniese ontsmettingsmiddels; en
  • Venturi-maskers (dit is maskers waarmee suurstof aan pasiënte toegedien word).

Aansoeke om van dié produkte te vervaardig, kan regstreeks aan covid19supplies@businessresponsecovid19.co.za gestuur word.

Die voorlegging moet die verskaffer se naam, die maatskappyregistrasienommer, die maatskappy se nommer in die sentrale databasis van verskaffers en ’n aanduiding van die produkte wat verskaf kan word, bevat.

Meer oor:  Ventilators  |  Covid-19  |  Gesigmaskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.