Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Staat wil 30 000 aflê, salarisse bevries – Cosatu
Cosatu is Suid-Afrika se grootste vakverbond.Foto: Getty Images

Volgens die vakverbond Cosatu wil die regering 30 000 staatsposte besnoei en salarisverhogings vir die volgende drie jaar bevries.

Dit is deel van die staat se voorstel om sy salarisrekening te verminder.

Dit maak 35,4% van die nasionale regering se uitgawes uit.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag in sy staatsrede gesê sy administrasie is besig om met arbeid en ander belanghebbendes te beraadslag oor maatreëls om die besteding aan salarisse te besnoei en vermorsing van staatsgeld te verminder.

Daar is ongeveer 1,3 miljoen staatsdienswerkers.

Tito Mboweni, minister van finansies, sal in sy begrotingsrede op 26 Februarie planne bekend maak om uitgawes te besnoei, het Ramaphosa gesê.

“Ons gaan nie hierdie voorstelle aanvaar nie,” sê Sizwe Pamla, woordvoerder van Cosatu.

“Die regering het die reg om met sy werknemers in gesprek te tree, maar die regering het nie die reg op sy eie slawe nie.”

Meer oor:  Cosatu  |  Salarisse  |  Staatsrede2020  |  Staatsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.