Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Staatshoës verdien miljoene vir buitewerk

Senior staatsamptenare wat – benewens hul normale werk by die staat waarvoor hulle ’n salaris kry – ander werk teen betaling doen, het in die vorige boekjaar gemiddeld R81 460 vir dié buitewerk verdien.

Foto ter illustrasie. Foto: Gallo Images

Dít blyk uit statistieke wat die Staatsdienskommissie in sy jongste kwartaalverslag openbaar gemaak het.

Daar was in totaal 356 senior staatsamptenare wat in die boekjaar tot einde Maart 2017 ’n totale vergoeding van meer as R28,99 miljoen uit buitewerk verdien het.

Uit dié 356 het net 118 of 33% toestemming vir die buitewerk gekry. Die ander 238 of 67% het dit sonder die nodige toestemming of goedkeuring gedoen.

Die kommissie het Dinsdag sy kwartaalverslag uitgereik.

By nasionale departemente het 183 senior amptenare buitewerk gedoen, onder wie twee direkteurs-generaal of departementshoofde was, 19 adjunk-direkteurs-generaal, 38 hoofdirekteure en 124 direkteure. Hul gemiddelde inkomste uit dié ekstra werk was R87 852 per persoon.

Wat senior amptenare in provinsies betref, blyk dit die topbestuurders in Noordwes maak die meeste geld uit die ekstra buitewerk wat hulle benewens hul diens aan die staat verrig. Die 14 seniors in Noordwes wat buitewerk doen, het meer as R2,295 miljoen of byna R164 000 per persoon verdien.

Maar 481 senior staatsamptenare het ook R7,664 miljoen aan geskenke en borgskappe ontvang, wys die Staatsdienskommissie se syfers.

’n Totaal van 311 senior staatslui op nasionale vlak, onder wie 15 direkteurs-generaal of departementshoofde, het geskenke en borgskappe van meer as R5,1 miljoen ontvang.

Wat provinsies betref, was 30 senior staatsamptenare in KwaZulu-Natal die ontvangers van R896 136 se geskenke en borgskappe. Maar wat die gemiddelde geskenk- of borgskapbedrag per persoon betref, was 11 seniors van Limpopo in die betrokke boekjaar (2016-’17) die gelukkigste – hulle het R534 300 (oftewel R48 572) elk ontvang.

Meer oor:  Staatsamptenare  |  Staatsondernemings  |  Salaris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.