Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Staatskaping bring kommer oor krediet-gradering
Prof. Jannie Rossouw van die Universiteit van die Witwatersrand.

Die internasionale kredietgraderingsagentskappe sal baie bekommerd wees oor die beweringe dat die nasionale tesourie gekaap is.

City Press en Rapport het die naweek berig senior staatsamptenare van die tesourie sê Malusi Gigaba, minister van finansies, is besig om die tesourie te kaap deur die mag van sy direkteur-generaal te verwater en ’n parallelle administrasie binne die tesourie te skep wat deur sy vertrouelinge beheer word.

Hulle beweer Gigaba het sowat 20 personeellede saam met hom na die tesourie gebring toe hy die minister van finansies geword het.

Boonop het die kabinet aangekondig die begrotingstoewysingsproses gaan vir die komende boekjaar na die presidensie verskuif.

“Ons sien werklik die kaping van die nasionale tesourie op verskillende vlakke,” sê prof. Jannie Rossouw, hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se Skool vir Ekonomiese en Sakewetenskappe.

“Ons sien nou die staatskaping van die tesourie waaroor ons bekommerd was sedert minister Pravin Gordhan weg is.”

Dit is kommerwekkend dat die presidensie dié groot funksie by die tesourie gaan oorneem, veral omdat Suid-Afrika ’n reusetekort het.

“(President Jacob) Zuma steel op hierdie tydstip die toekoms van ons kinders,” sê hy.

“Die volgende geslag moet uiters bekommerd wees oor die toekoms.”

Rossouw sê die mediumtermynbegrotingsraamwerk wat in Oktober gelewer word, is ’n buitengewoon belangrike dokument wat deur die kredietgraderingsagentskappe gefynkam sal word.

“Suid-Afrikaners moet hulle op groot belastingverhogings voorberei.”

Ook hy is bekommerd oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat ’n reddingsboei van R3 miljard uit die Nasionale Inkomstefonds gekry het.

Thabi Leoka, ekonoom van Argon Asset Management.

Thabi Leoka, ekonomiese strateeg van Argon Batebestuur, meen ook die nuus oor die kaping van die tesourie gaan nie goeie nuus wees vir die graderingsagentskappe nie.

“Instellings is belangrik en die onafhanklikheid van instellings is belangrik. Die mandaat van die tesourie is baie belangrik,” sê hy

“As die tesourie nie by sy mandaat of by die beraminge in die begroting bly nie, gaan ons probleme met die graderingsagentskappe kry.”

Indien die graderingsagentskappe glo instellings verswak in so 'n mate dat dit die tesourie se vermoë gaan beïnvloed om die begrotingstekort te laat krimp of om by sy mandaat te bly, gaan hulle optree soos wat in April gesien is toe Suid-Afrika se kredietstatus afgegradeer is.

“Die gebeure van die laaste paar weke is nie goed vir die mediumtermynbegrotingsraamwerk nie.”

Volgens Leoka kan die graderingsagentskappe ook optree as hulle nie tevrede is met die mediumtermynbegrotingsraamwerk nie. – Fin24

Meer oor:  Wits  |  Nasionale Tesourie  |  Gigaba  |  Staatskaping  |  Sal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.