Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Staatslone: Amptenare dreig met grondwethof

Die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA) dreig om konstitusionele hof toe te gaan oor die hofuitspraak verlede maand ten gunste van die regering oor loonverhogings vir staatsamptenare.

Daar is op ’n inflasiegekoppelde verhoging ooreengekom as deel van ’n driejaar-loonooreenkoms in 2018 tussen die regering en staatsamptenare, en wat in April 2020 in werking sou tree.

Die regering kon egter nie die verhoging bekostig nie weens die ekonomiese impak van die koronaviruspandemie.

Die arbeidsappèlhof het verlede maand gesê dit sal onwettig wees vir vakbonde om die loonverhogings af te dwing omdat dit strydig is met dele van die Grondwet en staatsdiensregulasies.

Die uitspraak was ’n groot oorwinning vir die regering.

Die VSA, wat sowat 240 000 staatsamptenare verteenwoordig, sê hy beoog om later vandeesmaand ’n aansoek in die konstitusionele hof te bring.

“Die staat moet verantwoordelik gehou word vir die ondertekening van ’n ooreenkoms wat hy nie van plan was om te implementeer nie,” sê die vakbond in ’n verklaring. – Reuters

Meer oor:  Psa  |  Vsa  |  Konstitusionele Hof  |  Amptenare  |  Staatsamptenare  |  Regering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.