Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Staking by vulstasies, motorvervaardigers dreig

Die metaalwerkersvakbond Numsa beplan ’n staking deur sy lede in die motorbedryf, wat vulstasies, motorhandelaars en -vervaardigers insluit, as daar nie aan sekere van sy eise voldoen word nie. Dit sluit onder meer ’n nagskoftoelae vir werkers by vulstasies in.

petrolprys
Werkers by vulstasies mag dalk eersdaags begin met 'n groot staking.

In ’n verklaring wat Sondag uitgereik is, sê die vakbond bemiddelingspogings by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het ’n dooiepunt bereik, en dat hy die driejaarloonaanbod deur werkgewers in dié bedryf van die hand gewys het.

Die motorvervaardigingsbedryf se aanbod het ’n verhoging van inflasie plus 1,5% vir die eerste jaar en 5,5% per jaar vir die tweede en derde jare behels. Werkers by onderdelevervaardigers en vulstasies is ’n vaste 6% in die eerste jaar en 5,5% vir die tweede en derde jaar aangebied.

Numsa sê hierdie aanbod verskil nie van die bedryf se aanvanklike aanbod nie.

“Hulle wou skaars enige toegewings maak, terwyl ons bereid was om verskeie kompromisse aan te gaan. Hulle het ook geweier om kwessies oor werksomstandighede wat deur ons lede geopper is te pak.”

Numsa wil onder meer vervoertoelae of ’n nagskoftoelae vir sy lede wat by vulstasies werk hê, asook ’n hersiening van die sogenaamde vredesklousule wat deel is van die driejaarooreenkoms.

Hierdie klousule verbied lede van die vakbond om te staak gedurende die loonooreenkoms se kontrakperiode.

“Ons is oop vir onderhandelings, maar ons wil dit duidelik stel dat ons slegs sal voortaan as werkgewers hul mening radikaal verander. Hulle moet kan bewys dat hulle toegewyd is tot die verbetering van die lewe van alle werknemers in die sektor.”

Numsa het gevra om met die KVBA te vergader om die reëlings vir die staking te finaliseer as deel van die proses om ’n stakingsertifikaat te bekom.

Fin24

Meer oor:  Numsa  |  Vakbonde  |  Vulstasie  |  Motorvervaardigers  |  Motorbedryf  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.