Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Star Wars’ teiken ook nou vrouemark
’n Laai vol R2-D2- speelgoed staan op ’n winkelrak voor ’n veiling van Star Wars-handelsware. Foto: Reuters, Phil Noble

Rey, een van die hoofkarakters in die opkomende Star Wars: The Force Awakens, kan straks Walt Disney se mees formidabele heldin ooit wees.

En sy kan groot geld ook vir die maatskappy laat inrol met die verkope van Star Wars-handelsware.

Rey, vertolk deur die Engelse aktrise Daisy Ridley, is een van die helde in die fliek, maar daar is nie baie bekend oor die karakter nie, want Disney hou dit geheim voor die fliek se openingsdag op 18 Desember.

Wat wel seker is, is dat sy deel is van die wêreld se grootste vermaaklikheidsmaatskappy se plan om meer vroue en meisies te lok na Star Wars en meer geld uit hulle te maak.

Dit is ’n “slim skuif”, sê Jessica Reif Cohen, ’n ontleder van Bank of America Merrill Lynch.

“Dit gaan finansieel ongelooflik suksesvol wees.”

Disney het die fliek se handelsware uitgebrei en dit sluit nou skoonheidsmiddels, juweliersware en handsakke in, wat ’n verandering is van die meer tradisionele produkte van die fliek.

Die meeste van dié produkte is nog altyd grootliks gemik op seuns en mans. Disney het die skepper Lucasfilm in 2012 gekoop.

“Star Wars het bekend geword as die grootste handelsnaam vir seuns in die geskiedenis,” sê Paul Southern, hoof van Star Wars se lisensiëring.

Kleinhandelaars word egter getoets en probeer uitpluis hoe om speelgoed in hul winkels te vertoon en watter aanhangers om te teiken.

Die een probleem is dat baie speelgoedafdelings geskei word volgens geslag, sê Ken Nisch, voorsitter van JGA, ’n kleinhandelkonsultasiefirma.

“As jy iets het soos Star Wars wat in teorie minder geslagsgeoriënteerd wil wees, dan het jy ’n probleem.”

– Bloomberg

Meer oor:  Lucasfilm  |  Walt Disney  |  Kleinhandel  |  Speelgoed  |  Flieks  |  Star Wars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.