Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Steeds baie minder motors op die pad

Daar is steeds heelwat minder motors op die pad as voordat die staat van inperking einde Maart begin het.

Spitsverkeer - nie juis iets waarna enigeen terugverlang nie...

Motoriste wat die Multiply-app gebruik, onderneem nagenoeg ’n vyfde minder ritte as voor die Covid-19-inperking. Multiply is die beloningsprogram van die versekeraar en mediesefondsadministrateur Momentum.

Volgens Multiply het die gemiddelde aantal daaglikse ritte op vlak 5 van die inperking – dus van 27 Maart tot einde April – met 75% geval. Sedertdien het die gemiddeld gestyg, maar ritte is steeds 16% minder as voor die inperking.

Mense wie se motor deur Momentum verseker is, kan tot 30% van hul jaarlikse premie terugkry deur veilig te bestuur. Ritte word gemeet op grond van die GPS-ligging van hul selfoon. Mense verdien ook punte vir dae wat hulle glad nie op die pad is nie.

Meer mans op die pad

Vroue is meer geneig om tuis te bly en ry minder rond as voor die inperking. Mans het wel voor die inperking meer as vroue bestuur – hulle het gemiddeld 34% méér ritte onderneem. Sedert die begin van die inperking lê mans egter 70% méér ritte as vroue af.

Meer ry nou in die donker

Soggens vroeg en saans laat is gevaarliker tye om op die pad te wees – dis wanneer meer ongelukke plaasvind. Volgens Multiply ry al hoe meer mense nou in die donker rond soos die vlakke van die inperking verlig word.

Sedert vlak 2 het motoriste se gemiddelde punt vir die tyd van die dag wat hulle rondry, met 2,5% verswak.

Dis egter veral vroue jonger as 25 jaar en mans jonger as 30 jaar wat in die donker rondry. Vir dié groepe het die punt vir die tyd van die dag met 4% verswak sedert vlak 2.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.