Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sterre ook geregtig op regte, sê Cosatu

Die vakverbond Cosatu vra dat akteurs en ander vermaaklikheidskunstenaars ook geregtig word op alle arbeidsregte en -beskermings, soos verlof, vergoeding vir besering aan diens en voordele uit die Werkloosheidsversekeringsfonds.

Matthew Parks, parlementêre koördineerder van Cosatu, het Dinsdag in die parlement gevra die departement van indiensneming en arbeid moet die wysiging van arbeidswette versnel om dit moontlik te maak.

Dit was deel van sy voorlegging oor wysigings aan die Wet op die Nasionale Minimum Loon wat Dinsdag voor die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor handel en nywerheid, ekonomiese ontwikkeling, kleinsakeontwikkeling, toerisme, indiensneming en arbeid gedien het.

Die Nasionale Vergadering het reeds vroeër die Wysigingswet goedgekeur.

Cosatu steun die invoeg van ’n klousule in die wet wat terugwerkende beskerming bied aan werkers wie se lone deur werkgewers verlaag is in aanloop tot die instelling van die wet in Januarie 2019.

Maar die vakverbond wil nóg wysigings laat aanbring. Die wet en verwante arbeidswette moet verder versterk word om die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie te bemagtig om enige van sy bevindings oor sake oor die minimum loon wat na hom verwys is, onmiddellik opdwingbaar te maak.

“Dit is kritiek, want baie werkgewers neem sulke sake op hersiening na die arbeidshof as ’n manier om arm werkers wat nie regsverteenwoordigers kan bekostig nie, te frustreer en uit te put,” sê Parks.

Sulke werkers het meestal ook nie die luukse om ’n dag se loon te verbeur om in die hof te gaan sit om hul saak aan te hoor of self te verdedig nie, sê Parks.

Meer oor:  Cosatu  |  Akteurs  |  Minimum Loon  |  Kunstenaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.