Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Strande, parke is nog toe op vlak 3
Strand
Suid-Afrikaners gaan nog nie strand toe kan gaan nie. Foto: Pixabay

’n Lang lys van plekke wat nog toe gaan wees sluit in parke en strande.

In die finale regulasies vir die vlak 3-inperking word plekke en persele wat nog toe is vir die publiek gelys.

Dit is plekke wat normaalweg oop is vir die publiek soos:

  • Oefenplekke soos gimnasiums
  • Sportgronde en swembaddens, behalwe vir die opleiding van beroepsatlete en nie-kontaksport.
  • Basaars en vlooimarkte
  • Nagklubs
  • Casino’s
  • Hotelle, lodges, bed-en-onbytplekke, tyddeelplekke, oorde, gastehuise. Die plekke mag net oop wees vir oorblywende toeriste en vir sakereisigers en mense in kwarantyn en isolasie.
  • Openbare en private wildreservate
  • Private huise wat vir vakansieverblyf verhuur word.
  • Konferensiegeriewe
  • Kroeë, sjebiens en soortgelyke plekke is toe vir eet en drink op die perseel
  • Teaters en flieks
  • Museums
  • Strande en openbare parke

Mense moet ook daarop let dat daar beperkte besoeke vir lede van die publiek aan plekke soos tronke en gesondheidsinstellings behalwe vir behandeling en medikasie is.

Ander beperkinge wat ook nog gestel word waarop gelet moet word, is dat grense nog grootliks gesluit is.

Meer oor:  Strand  |  Vlak 3  |  Parke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.