Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Suez-eise kan nog jare duur om los te torring

’n Kettingreaksie van eise en teeneise is besig om te ontstaan ná die versperring van die Suezkanaal verlede maand.

Egipte, wat die Suezkanaal bedryf, het aangekondig hy wil $1 miljard se skadevergoeding eis nadat die skeepsredery Evergreen se reusehouerskap die Ever Given die kanaal einde Maart vir ses dae versper het.

Dit het minstens 800 mense, tientalle sleepbote en baggerbote gekos om die skip van byna 400 m lank los te kry nadat dit in stormsterk wind sywaarts gedraai en in die kanaal van 205 m wyd vasgesteek het, het Freight & Trade Weekly berig.

Die Japanse eienaar van die skip het egter ’n algemene eis teen Evergreen verklaar, wat waarskynlik die eise vir skadevergoeding sal deurgee na die vragversenders wat betrokke was by die spesifieke vaart. ’n Regskenner van die Amerikaanse regsfirma Holand & Knight verduidelik so ’n algemene eis in die skeepsbedryf kan van geval tot geval verskil, maar kom daarop neer dat die koste van aansienlike uitgawes onder vragversenders versprei word.

Maar dit kan beteken die eis-bemiddelaar wat aangestel is, kan enigiets van twee tot sewe jaar vat om vas te stel presies hoe die eis versprei moet word, want hy moet elke liewe vrageienaar kontak wat vrag op die Ever Given het, het Freight & Trade Weekly berig.

Daar is 18 300 verskillende vraghouers op die skip, en dit is steeds in die Groot Bittermeer, ’n meer in die kanaal halfpad tussen die Rooisee en die Middellandse See.

Die Egiptiese owerhede verbied die Ever Given om die Groot Bittermeer te verlaat voordat sy eienaars instem om tot $1 miljard te betaal vir die koste om dit vlot te maak.

Die Suezkanaal se owerheid het volgens Business Insider gesê die skip sal daar bly totdat ondersoeke afgehandel en vergoeding betaal is.

Die Japanse eienaar van die skip sê hy het nog nie amptelik van Egipte gehoor nie, en Evergreen, die redery wat die skip gebruik, sê eise oor vragvertragings sal deur versekering gedek word.

Egipte het volgens berekeninge $95 miljoen in kanaalgelde weens die blokkasie verloor.

Bloomberg berig die Suez-voorval het boonop ’n verwagte ontknoping van die verskeie internasionale logistieke opeenhopings in skeepshandel wat weens die impak van die Covid-19-pandemie veroorsaak is, net langer uitgestel. Dit dra gevolglik deels by tot verwagte volgehoue hoë vragtariewe.

Meer oor:  Evergreen  |  Ever Given  |  Suez-Kanaal  |  Handel  |  Verskeping  |  Vragskepe  |  Invoer  |  Uitvoer  |  Skepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.