Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Rampspoedig; Suid-Afrika is vandag armer’
Cas Coovadia, hoof van die Bankvereniging van Suid-Afrika. Foto: Nelius Rademan

Rampspoedig, hoewel nie onverwags nie.

Só beskryf Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika, Fitch Ratings se afgradering van al Suid-Afrika se staatskuld tot onder beleggingsgraad.

Coovadia sê dis ’n groot aanklag teen pres. Jacob Zuma dat Fitch die afgradering “regstreeks aan sy optrede toeskryf”.

“Hoewel die kabinetskommeling die prerogatief van die president is, wys dit dat dit nie in die nasionale belang was nie.”

Die president mag nie sy magte roekeloos uitoefen sonder om die gevolge daarvan in ag te neem nie.

“ ’n Mens moet jouself afvra of ons, as ’n nasie, in dié posisie sou gewees het as dit nie was dat ons gedwing is om interaksie met beleggers en kredietgradeerders af te stel nie,” sê hy, met verwysing daarna dat Pravin Gordhan, toe nog minister van finansies, uit Londen teruggeroep is waar hy beleggers sou toespreek.

Coovadia sê die rand gaan nou onafwendbaar verswak, wat alle goedere en dienste duurder sal maak.

“Suid-Afrika is vandag armer.”

Meer oor:  Moody's  |  Fitch  |  S&P  |  Cas Coovadia  |  Pravin Gordhan  |  Kredietgradering  |  Basa  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.