Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kaarte 3 keer minder gebruik ná inperking
Suid-Afrikaners het die winkels in aanloop tot die inperking leeggekoop. Foto: Argief

Suid-Afrikaners het behoorlik die winkels leeggekoop voordat die staat van inperking in werking getree het en daarna tuisgebly.

Dié gedrag blyk duidelik uit die BankservAfrica-indeks van ekonomies transaksies (Beti) vir Maart.

Die Beti, wat alle elektroniese transaksies meet, insluitend inbetalings, geldoordragte, kontantonttrekkings en krediet- en debietkaartbetalings, word beskou as een van die eerste maatstawwe van hoe die ekonomie vaar.

“Aan die einde van die eerste drie dae van die 21 dae lange inperking het die volumes kitsbank- en verkoopspunt-transaksies dramaties gedaal. Dit kom egter ná die groot styging tydens die stormloop in die dae nadat pres. Cyril Ramaphosa op 23 Maart die staat van inperking aangekondig het,” sê Shergeran Naidoo, BankservAfrica se hoof van belanghebberbetrekkinge, Dinsdag in ’n verklaring.

Naidoo sê te oordeel na die syfers blyk dit duidelik dat Suid-Afrikaners by die huis bly.

“Hou in gedagte dat dit (die eerste drie dae van die inperking) aan die einde van die maand was. ’n Mens sou dus hoër as normale transaksievolumes kon verwag.

“Wanneer na die syfers van ’n jaar tevore gekyk word, blyk dit dat die transaksievolumes gedurende die laaste drie dae van Maart net sowat 31,6% is van wat dit ’n jaar gelede was,” sê Naidoo.

Mike Schüssler van Economists.co.za, wat die Beti saamstel, sê op Sondag 29 Maart was die transaksievolumes net 28% van wat ’n jaar tevore aangegaan is.

Op dié dag is net 1,2 miljoen se transaksies aangegaan. Dit is teenoor die 5,4 miljoen van ’n jaar tevore.

Naidoo sê dat wanneer na die statistieke gekyk word, blyk dit dat die 1,2 miljoen transaksies selfs minder is as wat Suid-Afrikaners op ’n dag soos Kersfees sou aangaan.

Die dag nadat Ramaphosa die aankondiging oor die inperking gemaak het (24 Maart), was die transaksies egter 148% hoër as op dieselfde dag ’n jaar gelede.

Schüssler waarsku dit is glad nie goeie nuus vir die ekonomiese groei as verbruikers soveel minder koop nie.

Hulle waarsku dat die invloed hiervan waarskynlik eers in die ekonomiese groeisyfers van die tweede kwartaal gesien gaan word.

transaksie

Meer oor:  Bankservafrica  |  Mike Schüss­Ler  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Beti  |  Koop  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.