Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Swak rand, duur olie is slegte nuus vir petrolprys
Die rand verhandel teen R14,40 teenoor die dollar.

Suid-Afrikaners gaan waarskynlik die storm wat om Eskom se jongste reddingsboei woed, direk aan hul sak voel.

Die rand het al met 42c tot R14,40 teenoor die dollar verswak sedert die nuus bekend geword het dat Eskom stil-stil van die afgrond gered is met R5 miljard van die regering af.

Buiten dat die rand oor die Paasnaweek verswak het, het die prys van Brent-ruolie gedurende dié tydperk dramaties gestyg.

Dit verhandel Donderdagoggend teen $74,58 per vat.

Die swakker rand en duurder olie beteken net één ding vir Suid-Afrikaners.

Die prys van petrol gaan waarskynlik in Mei wéér styg.

Luidens die Sentrale Energiefonds was die onderverhaling (dus potensiële styging) Woensdag reeds 53c vir 95-oktaan petrol en 50c vir 93-oktaan petrol.

Dit beteken daar is ’n goeie kans die prys van 95-oktaan petrol kan in Mei weer bykans R17 per liter kos.

Goeie nuus is dat die oorverhaling op diesel met ’n 0,05%-swaelinhoud tans R1 beloop. Dié prys kan dus moontlik in Mei daal.

Die rand het vroegoggend teen R18,59 teenoor die Britse pond en R16,07 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 275,60 per fynons.
  • Platinum: $883 per ons.
  • Olie: $74,58 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $5 421,88
  • Ethereum: $165,23

Meer oor:  Sentrale Energiefonds  |  Rand  |  Petrolprys  |  Dollar  |  Ollie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.