Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand breek weer deur R14 teenoor dollar
’n Dollar sou jou Donderdag R14,07 kos.

Die rand het weer deur die R14-vlak teenoor die dollar gebreek.

Teen 12:30 het die rand teen R14,07 teenoor sy Amerikaanse eweknie verhandel.

Dit volg na die Reserwebank Donderdag aangekondig het die tekort op die lopende rekening het nou tot 3,5% van bruto binnelandse produk in die derde kwartaal van 2018 gestyg. Dit was 3,4% in die tweede kwartaal.

Reuters berig die rand het onmiddellik na dié aankondiging begin veld verloor teenoor die dollar.

Die rand het dié week reeds 53c in waarde verloor teenoor die hoogtepunt van R13,54 wat hy Dinsdag bereik het.

Donderdag het die rand teen R17,92 teenoor die Britse pond en R15,94 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 236 per fynons
  • Platinum: $790 per ons
  • Olie: $58,86 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $3 712,08
  • Ethereum: $100,49
Meer oor:  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.