Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Taks-ombud vir nog 3 jaar aangestel

Regter Bernard Ngoepe, die belastingombud, is vir nog ’n termyn van drie jaar in dié pos aangestel.

Bernard Ngoepe
Regter Bernard Ngoepe Foto: Argief

Die kantoor van die belastingombud sê Woensdag in ’n verklaring Tito Mboweni, minister van finansies, het Ngoepe vir ’n derde termyn aangestel.

Hy is vanaf 1 Oktober 2013 reeds die belastingombud.

“Ek sien daarna uit om steeds saam met jou te werk om die mandaat van die belastingombud uit te voer,” sê Mboweni in ’n gelukwensing aan Ngoepe.

Ngoepe het sy aanstelling verwelkom. Dit is van 1 Oktober van krag.

Hy sê sy kantoor gaan in die volgende drie jaar daarop fokus om die balans tussen die magte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan die een kant, en belastingbetalers aan die ander kant, in só ’n mate te balanseer dat ’n kultuur geskep word waar burgers hul belasting wil betaal.

Meer oor:  Bernard Ngoepe  |  Belasting  |  Belastingombud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.