Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Taks van R2,4 mjd. sedert Vrydag terugbetaal

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in die vier dae sedert die staat van inperking vir die koronavirus begin het, belasting van R2,4 miljard terugbetaal.

Die SAID sê in ’n verklaring hy gaan noodsaaklike dienste bly verskaf omdat hy bewus is van die verwoestende impak op mense se lewe, die gevaar vir ondernemings en die reeds sukkelende ekonomie.

“Suid-Afrika worstel soos baie ander lande met die Covid-19-pandemie se impak op die ekonomie en die gesondheidsektor.”

Die SAID sê hy moet ook sy personeel veilig hou terwyl hy verseker dat die ekonomie kan funksioneer.

Die terugbetalings sluit in R1,1 miljard aan groot ondernemings. Die res, R1,3 miljard, is aan kleiner ondernemings terugbetaal.

“Die terugbetaling verteenwoordig ’n groot kontantinspuiting vir die ekonomie in ’n baie kritieke tydperk.

“Die SAID kan dit egter net doen as belastingbetalers en handelaars aanhou om hul verpligtinge na te kom, selfs tydens die inperking.”

Belastingbetalers en handelaars word aangemoedig om van die beskikbare aanlyn kanale gebruik te maak om hul belasting wat voor of op 31 Maart betaal moet word, wel te betaal.

Maniere om die SAID te kontak:

  • eFiling
  • SARS Mobile eFiling (die SAID se app)
  • e@syFile
  • Telefoonnommer: 0800 007 277
Meer oor:  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Said  |  Belasting  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.