Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Taxibase ‘wil nie geboelie word oor snelbusse’

Die regering moenie probeer om ontslae te raak van die taxibedryf nie.

’n Taxi ry op die sypaadjie in die Kaapse middestad om ’n verkeersknoop te vermy.

Cornelius Esau, ’n taxi-operateur in George, sê al 84 van sy taxivereniging se lede was gekant teen die nuwe busvervoerstelsel wat die provinsiale regering en die munisipaliteit van George afgedwing het.

“Ons wil praat, maar ons wil nie geboelie word om oor te gee nie,” het Esau Woensdag aan die Mededingingskommissie se markondersoek na openbare vervoer gesê.

Sommige van dié operateurs is nou werkloos, soos hyself, en ander doen onwettig sake.

Esau meen die George-munisipaliteit het nie sy huiswerk deeglik gedoen voordat die busdiens ingestel is nie.

Sommige strate in George is so nou dat twee motors nouliks by mekaar verby kan skuur. Die teeroppervlak is op sommige plekke so dun dat die water in sommige woonbuurte Saterdae afgesny word weens die druk van busse op die padoppervlak.

By die taxistaanplekke in die middedorp van George is informele handelaars verwyder wat hul bestaan gemaak het om goedere aan taxipendelaars te verkoop.

Esau sê die taxi-operateurs is bereid om op gelyke vlak met die busdiens mee te ding.

Oor die provinsiale regering se standpunt dat daar wel taxi-operateurs is wat deel is van die busdiensstelsel en dat openbare konsultasie gedoen is, sê Esau dit is maklik om taxi-operateurs om te koop met KFC, selfoonkontrakte en luukse hotelle. Dit is volgens hom nie prakties om konsultasiesessies in die middedorp van George te hou, maar nie uit te gaan na die swart woonbuurt Thembalethu waar die meeste operateurs woon nie.

Meer oor:  Taxi's  |  Openbare Vervoer  |  Minibustaxi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.