Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Taxi’s 1, regering 0
Matthew Parks, Cosatu se parlementêre koördineerder.

Die vakverbond Cosatu het die regering se besluit verwelkom om ’n hernude verbod op die verkoop en verspreiding van alkohol te plaas om die las van alkoholverwante noodgevalle op hospitale te verlig.

Cosatu kritiseer egter die regering se jongste ommekeer rakende plaaslike minibustaxi’s waar hy nou toelaat dat taxi’s tot 100% van hul kapasiteit gelaai mag word mits almal maskers dra en taxistaanplekke gereeld skoongemaak word. Aanvanklik het die regering bepaal taxi’s mag net 70% vol wees, maar dit het nie in die praktyk gerealiseer nie.

“Dinge kan van hier af net erger raak. Toegeeflikheid is nie ’n strategie wat in die taxibedryf sal werk nie,” het Matthew Parks, parlementêre koördineerder van Cosatu, in ’n verklaring gesê in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se jongste toespraak oor die regering se Covid-19-strategie.

Die vervoerstelsel bly die land se achilleshiel in die stryd teen die verspreiding van die virus. Munisipaliteite se mislukking om taxi- en bushaltes voor te berei en die regering se besluit om plaaslike taxi’s toe te laat om tot hul volle kapasiteit gelaai te word, is ’n groot probleem, sê Parks.

Werknemervoordele

Cosatu is teleurgesteld omdat Ramaphosa niks gesê het oor die noodsaak om die sogenaamde Ters-voordele uit die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) na werkers ouer as 60, of werkers met onderliggende siektes uit te brei, asook na werkplekke wat steeds beperk word nie.

“Die regering behoort in te gryp en die WVF te help wat halfpad deur Julie steeds sukkel om Junie-betalings te doen. Die kabinet behoort terselfdertyd in te gryp by Sassa (die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid) wat versuim om die toelae van R350 te betaal wat Ramaphosa aan werkloses belowe het.”

Cosatu is teleurgesteld dat die regering nie werkers wat hul inkomste verloor het toelaat om toegang tot hul pensioenfondsgeld te kry nie. Dit kan nie langer vertraag word nie, want daar is ’n risiko dat duisende werkers eenvoudig sal bedank om toegang tot hul aftreegeld te kan kry, waarsku Parks.

Goedkoper data

Verder meen Cosatu werkgewers in sowel die openbare as private sektor behoort meer te doen om werkers van die huis af te laat werk. Dit behoort nie bloot ’n opsie vir dié met die nodige hulpbronne te wees nie. Werkers moet die nodige toerusting en data kry om van die huis af te kan werk, insluitend die lank reeds beloofde drastiese verlaging in datakoste.

Meer oor:  Cosatu  |  Cyril Ramaphosa  |  Taxi's  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.