Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Te laat – talle toeriste het al ander planne
vliegtuig, reisplanne
Lugdienste en reisagente juig oor die nuus dat die landsgrense weer oop is vir internasionale reisigers. Foto: Jaco Marais

Lugdienste en reisagente juig oor die nuus dat die landsgrense weer oop is vir internasionale reisigers.

Maar dit sou naïef wees om te verwag internasionale reisverkeer en toerismevolumes sal eensklaps na die vlakke van voor die inperking terugkeer, het bedryfsleiers Donderdag gewaarsku.

“Baie van ons bronmarkte is nou onderworpe aan hul eie nuwe reisbeperkings. Baie bronmarkte vir internasionale toerisme ervaar tweede vlae van koronavirus-infeksies en reis word deur hul inperkings verbied. Dit sal vir die nabye toekoms steeds ’n demper plaas op internasionale reise,” sê Rodger Foster, uitvoerende hoof van die streeklugdiens Airlink.

Hy meen wel die onlangse aankondigings van internasionale farmaseutiese reuse soos Pfizer en Johnson & Johnson oor ’n bewese entstof sal voornemende reisigers gerus stel en sal toeristegetalle mettertyd help opstoot.

Maar Foster meen die opheffing van die “betekenislose” risiko-klassifikasie van oorspronglande – die sogenaamde rooi lys – is ’n paar weke te laat vir baie mense wat hoegenaamd oorweeg het om na Suid-Afrika te reis vir die somervakansie. Hulle het teen hierdie tyd al klaar ander reisplanne gemaak.

Chris Zweigenthal, uitvoerende hoof van die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika, het die aankondigings verwelkom. Sekere lande het steeds ’n reisverbod, en Zweigenthal meen daar behoort “harmoniseringsmaatreëls” ingestel word om reis moontlik te maak. Volgens hom het die lugdienste wel die nodige reisprotokols om veilige lugreise te verseker.

Otto de Vries, uitvoerende hoof van die reisagentvereniging Asata, sê pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Woensdagaand om die landsgrense oop te stel, bied duidelikheid en ’n geleentheid vir mense om nou keuses met vertroue te kan maak om na Suid-Afrika te reis. Dit sal ’n groot verskil maak in Suid-Afrika se herstel tot ’n belangrike bestemming in Afrika.

David Frost, uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Toerismedienstevereniging (Satsa), glo ook die nuus gee sekerheid vir internasionale reisigers. Suid-Afrika is die ideale bestemming vir laedigtheid-toerisme, buitelugaktiwiteite en goeie weer wat dit aantreklik maak vir toeriste wat te midde van Covid-19 wil reis.

Otto de Vries, uitvoerende hoof van die reisagentvereniging Asata.
David Frost, uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Toerismedienstevereniging (Satsa).

Meer oor:  Ekonomie  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Toerismebedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.