Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Te veel geldeenhede in Afrika

Die probleem van handel in Afrika is dat die meeste oorgrensvloeie van geld gebeur in geldeenhede wat nie Afrika-geldeenhede is nie, sê Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual en ’n vorige minister van finansies.

Trevor Manuel, Chairman, Old Mutual, South Africa
Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual, Donderdag by die Wêreld Ekonomiese Forum oor Afrika (WEFA) se konferensie in Kaapstad. Foto: WEF

Sowat 54% van die totale transaksies in Afrika is in dollar, tussen 25% en 29% in pond en euro en 7% in rand. Laasgenoemde is bloot omdat Lesotho en Swaziland deel is van die Suid-Afrikaanse Monetêre Unie, verduidelik Manuel.

Hy was deel van ’n paneelbespreking by die Wêreld- Ekonomiese Forum in Afrika (WEFA) in Kaapstad oor finansiële vloei.

Beleidmakers moet stappe doen om finansiële infrastruktuur te verander.

“Daar is omtrent 30 verskillende geldeenhede op die Afrika-kontinent – waarom? Dis nie rasioneel nie,” het Manuel gesê.

Hy het beklemtoon hy steun nie daarmee die instel van ’n enkele geldeenheid vir Afrika, die sogenaamde afro, wat in ’n stadium oorweeg is nie, maar bloot dat lande se geldstelsels beter met mekaar gekoördineer moet wees.

Meer oor:  Trevor Manuel  |  Wisselkoers  |  Handel  |  Geldeenhede  |  Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.