Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Tekort vergroot, rand verswak
rand, geld
Sedert die einde van verlede jaar het die rand se waarde nege keer in redelike kort tydperke met meer as 5% teenoor die VSA-dollar gestyg of gedaal. Foto: Getty Images

Die tekort op die lopende rekening het in die derde kwartaal met R9,2 miljard toegeneem en staan nou op R176,6 miljard.

Die lopende rekening toon die verskil tussen wat in- en uitvloei uit die land, hetsy dit produkte, dienste gelewer of kapitaal is.

Die tekort (wat aandui dat meer uitvloei as wat invloei) was aan die einde van die tweede kwartaal R167,4 miljard.

Die rand het dadelik verder verswak tot bo R14 teenoor die dollar en was teen 12:00 15c of 1,1% swakker.

Die handelsurplus is nou R14 miljard, wat kleiner is as in die tweede kwartaal se R38 miljard, volgens inligting wat kwartaalliks deur die Reserwebank uitgereik word.

Die handelsbalans het agteruitgegaan omdat die waarde van die produkte wat ingevoer is met meer toegeneem het as wat die waarde van die goud en produkte wat uitgevoer is, toegeneem het.

Die hoër waarde van invoer hou verband met ’n groter volume asook hoër pryse.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.