Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Tesourie aanvaar S&P se negatiewe vooruitsig

Die tesourie het die negatiewe vooruitsig van sy kredietgradering aanvaar en gesê nog werk is nodig.

Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) het Suid-Afrika se kredietgradering Vrydagaand onveranderd gehou, maar die vooruitsig daarvoor van stabiel na negatief verander.

Dit beteken die volgende stap is na alle waarskynlikheid ’n verdere afgradering binne die volgende jaar of wat – tensy  die regering sy fiskale posisie kan verbeter.

Die tesourie sê Saterdag in ’n verklaring hoewel S&P toegee die regering het baie werk gedoen om die prentjie om te keer, is daar nog baie wat gedoen moet word.

“Tensy die regering stappe doen om die fiskale tekort te beheer en ons volgehoue momentum vir hervorming waarneem, beskou ons dit as onwaarskynlik dat staatskuld binne ons driejaar-voorspellingstydperk sal stabiliseer,” aldus S&P.

Die tesourie sê hy erken S&P se assessering van die uitdagings wat die land in die gesig staar op kort en lang termyn en die regering bly verbind daartoe om die staatsfinansies op ’n herstelpad te plaas en terselfdertyd te sorg vir inklusiewe ekonomiese groei.

“Die agentskap erken die werk wat ons onderneem het om die geloofwaardigheid te herstel van die land se verswakte instansies (die versterking van die Nasionale Vervolgingsgesag en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens), asook dié van die Reserwebank en die buigbare wisselkoers wat sterkpunte is om die land se gradering stabiel te hou,” lui die verklaring.

“Die regering bly daartoe verbind om ekonomiese hervorming te implementeer om ekonomiese groei te bewerkstellig. Daarby benadruk die regering dat die styging in die salariskoste van die staatsektor aangepak moet word om die staat se skuldlas te verlig.

“Die regering, arbeid, die sakesektor en die burgerlike samelewing moet hand aan hand werk aangesien moeilike besluite wat korttermynkoste vir die ekonomie en staatskas behels, geneem moet word om die gety te kan draai.”

Meer oor:  Kredietafgradering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.