Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Tesourie druk nie geld nie, maan Tito

Daar is nie ’n eindelose voorraad van kontant daar buite nie. Die nasionale tesourie het nie ’n drukkery wat geld druk nie, het Tito Mboweni, minister van finansies, Donderdag die agtergrond van sy pas afgelope begroting aan parlementslede probeer verduidelik.

Tito Mboweni, minister van finansies, moes op sy begrotingsrede 'n fyn balans handhaaf tussen ondersteuning vir die trae ekonomie gee, en groeiende staatskuld in toom hou.

Wat hom verras is dat maak nie saak hoeveel keer hy die perke op die begroting verduidelik nie, raak die eise van die bestedingskant van die regering nie minder nie.

Welsynstoelaes styg en die druk op skole en hospitale neem toe, ongeag of die ekonomie groei of nie.

Ander die ander kant is daar druk op belastinginkomste. Noudat meer BTW terugbetaal word, merk hy ook meer aansoeke vir BTW-terugbetalings op. “Hulle het weer hoop gekry.”

Per definisie gaan iemand in elke staatsonderneming aangestel word om toesig oor hulle te hou as hulle van die staat geld vra, het Mboweni gesê.

Hy het lede van die parlement se finansieskomitees gewys op die skuld-tot-BBP verhouding wat tot bo 60% gaan styg teen 2023. “Ekonome maak geraas oor die gevare van ’n skuldstrik. Daar is instellings wat meen ons kan nie ons finansies goed bestuur nie en wil ons kom help, maar ons wil nie hê hulle moet ons help nie,” het hy gesê as verwysing na kommentators wat meen die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) sal mettertyd moet ingryp om Suid-Afrika met sy finansies te help.

(Die ANC-regering wil nie hê dit moet gebeur nie omdat die IMF streng voorwaardes en herstrukturerings wil afdwing in lande waar hy reddingsboeie uitdeel.)

Eskom

Eskom gaan op die ou einde meer as R230 miljard oor tien jaar kry van die staatskas, het Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, Donderdag aan parlementslede gesê.

Eskom is te groot om te misluk en kan die hele land aftrek as hy misluk, het Mogajane die staat se reuse-hulp aan Eskom verdedig.

Dié syfer van meer as R230 miljard was glad nie Woensdag in enige van die begrotingsdokumente nie, want die tesourie gee net syfers vir drie jaar vooruit.

Meer oor:  Imf  |  Tito Mboweni  |  Begroting 2019  |  Staatskuld  |  Staatsbesteding  |  Reddingsboei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.