Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Thuli Madonsela: Dis hoe ongelykheid jou raak
Adv. Thuli Madonsela Foto: Verskaf

“Onregverdigheid en ongelykheid is sleg vir sake.”

Adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, het Donderdag op Absa se beleggingskonferensie in Braamfontein, Johannesburg, gesê solank onregverdigheid bestaan, sal Suid-Afrika nie vooruitgaan nie.

Sy sê leiers moet hul posisie gebruik om onregverdigheid hok te slaan.

Om dit te kan doen, het die land “epic” leiers nodig in sowel die private as die openbare sektor.

“Epic” is die akroniem vir ethical, purpose, impact, committed.

Dit beteken leiers moet altyd die regte ding op die regte manier doen; hulle moet altyd op die doelwit fokus; hulle moet bewus wees van wat die impak van hul optrede gaan wees; en hulle moet toegewyd wees aan dienslewering.

Madonsela sê as leiers dié beginsels volg, is daar hoop vir die land.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.