Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Tito bedank as direkteur van Discovery
Tito Mboweni

Tito Mboweni het bedank as nie-uitvoerende direkteur van Discovery.

Dit volg op Mboweni se aanstelling as minister van finansies die afgelope week.

Hy het uit alle direksies van Discovery en sy filiale bedank, insluitend by Discovery Bank, die bank wat Discovery eersdaags bekend wil stel.

Mboweni, ’n voormalige president van die Reserwebank, was sedert 2014 ’n direkteur by Discovery.

Die maatskappy bedank hom in ’n Sens-verklaring vir sy “uiters waardevolle bydrae” oor die afgelope vier jaar en wens hom sterkte toe in sy nuwe rol.

Mboweni vervang Nhlanhla Nene, wat gevra het om laat gaan te word nadat dit in die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aan die lig gekom het dat hy die Guptas se woning in Saxonwold, Johannesburg, besoek het.

Nene het die land om verskoning gevra vir sy oordeelsfout, maar ontken dat hy enige ongerymdhede gepleeg het.

Mboweni is ook ’n direkteur van Nampak, die Accelerate Property Fund en enkele ander ongenoteerde maatskappye. Dié maatskappye het nog nie aangekondig of Mboweni bedank het nie.

Ministers mag direkteure van private maatskappye wees, maar moet hul belange verklaar. Die vrees bestaan dat belangebotsings kan ontstaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.