Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Tito by Davos: ‘Dit gaan oor Afrika’

Wat Suid-Afrika doen, behoort by te dra tot die groei en ontwikkeling van Afrika as vasteland.

Dis die boodskap wat Tito Mboweni, minister van finansies, het vir afgevaardigdes wat die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jaarlikse beraad in Davos, Switserland, bywoon.

Die regering het Woensdag ’n kort videogreep op sy Twitter-profiel gelaai waar Mboweni ’n gehoor op Davos toespreek.

In die video van minder as twee minute kan Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, ook duidelik gesien word.

“Ons moet dus hier in Davos ook in staat wees om Afrika se storie te vertel. Die storie van Afrika is om die vrede te konsolideer en om deur die loop van die jaar die gewere stil te maak.”

Mboweni sê dit gaan ook oor verbeterde ekonomiese prestasie met groei wat na verwagting steeds “veerkragtig” sal wees, “hoewel nie teen die vlakke waar ons dit graag sou wou sien nie”.

Hy sê verder Afrika se leiers wil verseker die kontinent is met die res van die wêreld verbind.

“Die vergadering in Davos moet dus nie net op Suid-Afrika fokus nie, maar moet op Afrika as geheel,” sê Mboweni.

Die WEF-beraad word van 21 tot 24 Januarie gehou.


Meer oor:  Wef  |  Tito Mboweni  |  Davos 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.