Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Tito moet oop kaarte speel, vra JSE-baas
Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Elvira Wood

Tito Mboweni, minister van finansies, behoort oop en deursigtig te wees oor die ware toestand van die land se geldsake wanneer hy op 20 Februarie sy begrotingsrede lewer, sê Nicky Newton-King, uitvoerende hoof van die JSE.

Hy moet ’n baie duidelike beeld voorsien van die impak van staatsondernemings, en veral Eskom, op die staatskas, sê Newton-King.

Eskom het skuld van meer as R419 miljard en is deur sowel die Wêreldbank en kredietgraderingsagentskappe as ’n groot bedreiging vir Suid-Afrika se finansiële stabiliteit en groeivooruitsigte beskryf.

In Januarie het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gesê ’n besluit moet dringend oor die moontlike herstrukturering van Eskom geneem word.

Volgens Newton-King moet Mboweni die begroting gebruik om te verduidelik watter maatreëls die nasionale tesourie instel om die staatsdiens se salarisrekening in toom te hou. Dit slurp tans 35% van die regering se gekonsolideerde besteding op. Mboweni het vroeër gesê die ideale vlak vir die salarisrekening is onder 30%, maar dit het die woede van vakbonde ontketen wat oor werkverliese besorg is.

Sy glo die regering moet die aansporings om ekonomiese groei aan te wakker duidelik uitspel. Die Wêreldbank voorspel matige groei van 1,3% vir Suid-Afrika in 2019, sê Newton-King.

“Ons is in hierdie land baie goed daarmee om dinge te identifiseer wat ons kan doen en dis alles uiters interessant om na te kyk, maar ons moet in werklikheid verby die bespreking van die idee beweeg na die inwerkingstelling daarvan.”

Mboweni het in Oktober met die mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê daar is ’n groeiende gaping in belastinginvordering. Die begrotingstekort van 2018-’19 is tot 4% verhoog en staatskuld het tot 55,8% van die bruto binnelandse produk geklim.

Ekonome verwag nie enige groot belastingverhogings in die begrotingsrede nie. - Fin24

Meer oor:  Eskom  |  Nicky Newton-King  |  Tito Mboweni  |  Ekonomie  |  Begroting 2019  |  Staatsondernemings  |  Jse  |  Begrotingsrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.