Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Tito ontmoet sy personeel

Tito Mboweni, minister van finansies, het Donderdag vir die eerste keer die personeel by die nasionale tesourie se kantore in Pretoria toegespreek.

Tito Mboweni, nuwe minister van finansies, spreek personeel van die nasionale tesourie in Pretoria toe. Foto: Tesourie

Mboweni het sy voorganger, Nhlanhla Nene, lof toegeswaai en hom vir sy werk bedank, luidens die nasionale tesourie se amptelike Twitter-rekening wat foto’s van die geleentheid gepubliseer het.

Mboweni is Dinsdag in Nene se plek aangestel nadat Nene sy bedanking by pres. Cyril Ramaphosa ingedien het in reaksie op sy getuienis voor die Zondo-kommissie oor staatskaping oor sy ontmoeting met die Guptas.

Mboweni het die personeel by die tesourie gewaarsku daar is in die komende maande “baie werk” om te doen, maar dat hy daarna uitsien om met hulle saam te werk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.