Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Tito swyg oor NGV se koste, belasting

Tito Mboweni, minister van finansies, moes Woensdag bontstaan om lede van die Nasionale Raad van Provinsies se vrae oor die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te beantwoord.

Onseker hoe NGV betaal gaan word.

Mboweni moes moeite doen om te verduidelik hy kan nie nou al presies sê hoeveel die NGV gaan kos en watter belastings dalk ingestel kan word om dit te finansier nie.

Daar is nog talle gesprekke wat moet volg tussen hom en die minister van gesondheid oor die koste en implementering van die NGV, sê hy.

Munisipaliteite

Oor wat die nasionale tesourie doen om munisipaliteite se wanbestuur te beëindig, het Mboweni gesê dit is politieke partye in beheer van munisipaliteite wat die eintlike verantwoordelikheid het om vir goeie bestuur te sorg, en nie net die nasionale tesourie nie.

Maar hy sê dit gebeur dikwels dat die politieke party wat nuut aan bewind kom in ’n plaaslike owerheid, besluit om bloot om politieke redes ’n heeltemal bekwame stadsbestuurder uit sy pos te verwyder.

Die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth is byvoorbeeld tans disfunksioneel, sê Mboweni. Hy moes ’n paar dae gelede ’n toelae aan dié munisipaliteit wegvat omdat dit disfunksioneel is.

Waar daar ook al wanbestuur gevind is in plaaslike regerings, wil die nasionale tesourie sien dat daar opgetree word, sê hy.

Stadsrade is die eerste linie van verdediging teen wanbestuur op plaaslike vlak.

Waar daar onlangs nog 100 munisipaliteite met ernstige finansiële probleme was, is dit nou reeds 127, het hy gewaarsku.

Munisipale miljoenêrs

Mboweni het skokkende syfers voorgehou oor die groot salarisse van R1,5 miljoen en meer wat munisipale bestuurders van selfs sukkelende plaaslike owerhede verdien.

Die munisipale bestuurder van Johannesburg verdien ’n groter salaris as die direkteur-generaal van die tesourie, het hy gesê. Dit is dus nie waar dat munisipaliteite nie genoeg hulpbronne het om hul geldsake reg te ruk nie, het hy beklemtoon.

Nywerheidsparke

Oor nywerheidsparke waarin daar nuwe lewe geblaas moet word het Mboweni gesê 12 nywerheidsparke is teen die einde van September al opgegradeer en dit het reeds R511 miljoen se nuwe beleggings gelok.

Volgens Mboweni is die mislukking van die nywerheidsparke nie net die erfenis van apartheid nie, maar ook die huidige regering se neiging om landelike gebiede te verwaarloos.

Dit gebeur byvoorbeeld ook met casino-lisensies waar die regering lisensies wegskuif van landelike gebiede na die stede, met ’n gevolglike negatiewe invloed op die landelike gebiede.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Ngv  |  Belasting  |  Gesondheidsorg  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.