Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Tito vlieg ekonomiese klas na staatsrede

“Stap vir stap, verander (ons) gedrag.”

So twiet Tito Mboweni, minister van finansies, oor hy nie in besigheidsklas gevlieg het nie.

Hy was waarskynlik op pad na die Staatsrede op die vlug van Johannesburg na Kaapstad.

Die staatsrede is jaarliks ’n spoggerige geleentheid wat ’n paar miljoen rand kos.

Heelwat geld sal waarskynlik bespaar word as al die ministers en ander staatsamptenare in ekonomiese klas vlieg.

Die begrotingsrede van later vandeesmaand word reeds dopgehou om te sien hoe die staat besparings meebring deur sy gordel stywer in te trek.

Woensdag kort voor 08:00 het 2500 mense op Twitter al positief daarop gereageer en dit is 248 keer gedeel.

Van sy volgers het hom geprys, terwyl ander soos BlackRoyale gevoel het hy moet eerder sy eie geld gebruik omdat hy ’n salaris betaal word.

AspiringYogi sê: “Ek verstaan nie hoekom ministers in die eerste plek sakeklas vlieg nie. Dit is niks om voor applous te gee nie.”

Hy het in September verlede jaar ook op Twitter ’n foto geplaas en gesê hy stel ’n voorbeeld deur ekonomiese klas te vlieg. Die foto het vinnig versprei en ook die nuus gehaal.

Mboweni het net voor dit ’n foto van hom op Twitter gelaai met Fikile Mbalula langs hom in ’n aandpak met ’n strikdas. Hy het gespot oor Mbalula, minister van vervoer, hom kastig altyd in ’n foto in “photoshop”.

“Jy was nie hier nie,” spot hy.

Daarop het ene Robert James onder meer gesê: “Beslis nooit in tweede klas nie. Die hemele behoed ons.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.