Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Toerisme eers oor 2 jaar oop? DA braak gal

Die toerismebedryf gaan dalk eers oor tussen 12 en 24 maande weer oopmaak, meen die DA wat vandeesweek erg beswaar aangeteken het teen die departement van toerisme se herstelplan vir die bedryf.

Die DA sê die departement van toerisme het geen feite om hul plan te regverdig dat die toerismebedryf vir nog 12 tot 24 maande gesluit moet bly nie. Foto: Fly Safair

Op ’n vergadering van die parlement se portefeuljekomitee oor toerisme vandeesweek wou die DA weet watter data en navorsing die departement gebruik het om sy tydskaal vir die heropening van die bedryf op te stel.

Maar volgens Manny de Freitas, DA-lid in dié komitee, het die departement se amptenare erken daar was geen data betrokke nie en dat hulle “nie eintlik weet hoe lank die bedryf dus nog gaan toe bly nie”.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, se voorlegging het wel gereken die bedryf sal vir tussen een en twee jaar nog gesluit bly.

De Freitas meen dis duidelik dat Kubayi-Ngubane sommer feite “opgemaak” het om haar standpunt te regverdig.

Volgens De Freitas het Kubayi-Ngubane verwys na Switserland as ’n gevallestudie vir waar ’n inperking opnuut ingestel moes word nadat dit aanvanklik te vinnig opgehef is.

Die DA sê ’n basiese ondersoek wys dit was hoegenaamd nie die geval in Switserland nie.

Switserland het inderwaarheid in Junie sy inperking opgehef, en skole, restaurante ensovoorts is steeds weer oop vir sake nadat die pandemie daar in bedwang gebring is.

Die toerismebedryf in Suid-Afrika neem sowat 750 000 mense regstreeks in diens, en bly amper geheel en al gesluit onder die staat van inperking.

Toerisme is so belangrik vir die ekonomie dat dit jaarliks 8,6% van die bruto binnelandse produk (BBP) bydra, wys Statistieke Suid-Afrika se syfers

Die Toerismesakeraad van Suid-Afrika (TBCSA) sê die inperking het die toerismebedryf vernietig. Die bedryf het sedert 27 Maart toe die inperking begin is, al teen R748 miljoen per dag begin doodbloei en 1,5 miljoen werkgeleenthede is op die spel.

Freitas sê dit is duidelik dat die minister ’n “toeris van haar eie portefeulje is” as sy so aanhou om feite “te versin” om die sluiting van die bedryf te regverdig.

Dít terwyl “honderdduisende Suid-Afrikaners hul werk verloor,” sê Freitas.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Vlak 3  |  Toerismebedryf  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.