Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Toerisme ‘groei’ slegs danksy hoër pryse

As jy tuis was oor Paasfees, moenie alleen voel nie – dit lyk asof gastehuise en woonwaparke die meeste Suid-Afrikaners nie vanjaar gesien het nie.

Vakansiegangers geniet die mooi weer op die strand in Kampsbaai, Kaapstad. Foto: Argief

Die toerismebedryf se inkomste het in April die grootste styging tot dusver vanjaar op ’n jaargrondslag getoon danksy prysstygings, maar dit klop steeds nie inflasie nie.

Volgens die jongste toerismeverblyfsyfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA), het die totale toerismeverblyfsektor in April – dus benewens verblyf self ook ingesluit kos-, drank- en ander verwante verkope – met 3,7% op ’n jaargrondslag gegroei. Inflasie was 4,4%.

Die inkomstegroei in die sektor hou dus nie tred met die stygende insetkoste nie.

Die grootste drywer van die groeikoers op ’n jaargrondslag in April was die inkomste uit verblyf met ’n styging van 5,5% vergeleke met April 2018.

Ongelukkig kan die styging nie daaraan toegeskryf word dat die toerismeverblyfsektor beter vaar nie.

Dié groeikoers is deur ’n 6,6%-styging in pryse opgestoot, terwyl die aantal nagte wat verkoop is in April op ’n jaargrondslag met 1% gedaal het.

Hotelle het wel die beste gevaar sedert November 2018 met ’n 2,6%-styging in hul inkomste in April teenoor April verlede jaar.

Dit het 1,7 persentasiepunt tot die algehele groeikoers van 5,5% bygedra.

Hotelle sukkel in die algemeen al geruime tyd met dalende inkomste weens toenemende mededinging.

Die enigste ander positiewe bydrae tot die algehele groei van die bedryf was deur die kategorie “ander akkommodasie”, wat Airbnb insluit. Dié kategorie se inkomste het met 13,9% toegeneem teenoor April 2018 en het 3,9 persentasiepunte tot die algehele groeikoers bygedra.

Die besettingskoers van die verskillende soorte verblyf in April:

  • Hotelle: 49,2%
  • Woonwaparke en kampeerterreine: 35,1%
  • Gastehuise en -plase: 40,4%
  • Ander akkommodasie: 57,3%

Waar hou jy vakansie deesdae? Stem gerus in ons peiling, en deel jou mening. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.