Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Toerisme skop vas oor raskriteria vir hulpverlening
Kaapstad is Suid-Afrika se gewildste toeristebestemming.

Die departement van toerisme gaan steeds ras as maatstaf gebruik om te bepaal wie kry hulp uit die Toerismehulpfonds vir ondernemings wat swaarkry weens die nasionale inperking.

Dit blyk uit hofstukke in die regsgeding wat die vakbond Solidariteit teen twee staatsdepartemente ingestel het.

Dit is nadat die departement van toerisme aangevoer het hy gaan met hulpverlening voorkeur gee aan ondernemings met ’n sekere bemagtigingsvlak.

Die departement van kleinsakeontwikkeling het in sy hofstukke aangevoer hy gebruik nie raskriteria nie.

Solidariteit gaan nou voort met regstappe teen die departement van toerisme, en die saak kom op 28 April in die hooggeregshof in Pretoria voor, het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, in ’n verklaring gesê.

Hermann meen die feit dat die departement van kleinsakeontwikkeling wel besluit het om afstand te doen van ras as maatstaf is ’n taktiese oorwinning vir die vakbond danksy openbare druk en die regsoptrede.

Die departement het van meet af aan gesê daar is geen vereiste dat ondernemings 51% swart moet wees nie, maar hulp sou op ’n “demografies verteenwoordigende” manier toegeken word.

Solidariteit het albei departemente vroeër by die Menseregtekommissie verkla.

Die departement van kleinsakeontwikkeling sê in sy opponerende hofstukke die vrae oor ras in sy aanlyn aansoekvorm vir hulp tydens die Covid-19-inperking is net vir statistiese boekhouding. Maar die departement van toerisme voer aan hy moet steeds voldoen aan vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging.

Die virus diskrimineer nie en die nood is nie weens ras nie, voer Hermann aan. Daarom gaan hulle voort met die regstappe teen die departement van toerisme.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het die Toerismehulpfonds van R200 miljoen op 7 April bekend gestel en gesê die goeiepraktykkodes vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging sal as riglyn gebruik word vir die toeken van hulp uit die fonds.

Dit het dadelik uit verskeie kringe kritiek ontlok.

Die hulp is beskikbaar vir klein, mikro- en medium-sakeondernemings in die toerismebedryf soos hotelle, oorde, bed-en-ontbytondernemings, gastehuise, restaurante, toeroperateurs, reisagente, motorverhuringsfirmas of toerbusoperateurs. Die hulp word beperk tot R50 000 per aansoek.

Meer oor:  Ekonomie  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Toerismebedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.