Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Toeriste pak al hoe meer hul oornagtasse

Plekke wat toeristeverblyf verskaf, het in April ’n welkome en skerp toename in besoekersgetalle gehad.

Toeriste wat gasteplase en kampeerplekke besoek, het in April baie bygedra tot die toerismebedryf se inkomste uit verblyf. Foto: Unsplash

Veral karavaanparke, gasteplase en kampeerterreine het ’n styging getoon in die getal besoekers wat hul tasse, tente en woonwaens gepak het om ’n aand of meer daar te oornag.

Volgens die jongste inligting van Statistieke Suid-Afrika oor die toerismebedryf se verblyf-statistieke vir April het die bedryf se akkommodasie-deel se inkomste met 3 259,7% gestyg, gemeet aan die syfers van April 2020. Dit sluit verkope in restaurante en kroeë in.

Alle soorte verblyf het ook in April positiewe groei getoon, met karavaanparke, kampeerplekke, gastehuise en gasteplase wat die hoogste jaar-tot-jaar-groei in inkomste aangeteken het.

Die gemiddelde inkomste per nag van ’n eenheid vir oorslaap-doeleindes het ook teen einde April met 18,1% gestyg. Hierdie eenhede kan ’n staanplek in ’n kampeerterrein of ’n kamer in ’n hotel wees.

Die inkomste wat uit slegs akkommodasie verdien is, het met 2 443,9% gestyg en is grootliks danksy reisigers wat meer aande bespreek het.

Die getal bespreekte nagte wat in April verkoop is, het met 2 054,6% gestyg.

Inkomste uit verblyf tussen Februarie en April vanjaar het egter met 32,2% gekrimp teenoor dieselfde tydperk verlede jaar en hotelle het die grootste afname van 40,4% aangeteken, gemeet aan verlede jaar se ooreenstemmende drie maande. Die daling is weens die inperking en Covid-19-maatreëls.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Vlak 1  |  Toerismebedryf  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.