Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Transnet draai stokkies voor Skoor
Themba Godi, voorsitter van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge.Foto: Jaco Marais

Transnet se direksie het Woensdag sy afwesigheid voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verdedig.

In ’n verklaring namens Linda Mabaso, voorsitter van Transnet, sê Transnet Mabaso het eers Maandagmiddag laat gehoor die hele direksie moet Woensdag voor Skoor verskyn.

Themba Godi, voorsitter van Skoor, het intussen volgens Fin24 gesê die komitee gaan nou die ongekende stap neem om die Transnet-direksie amptelik te dagvaar om in die eerste week van parlementêre bedrywighede in 2018 voor die komitee te verskyn.

Skoor is tans in die proses om oortredings deur Transnet van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA) te ondersoek, asook afwykings van tenderbedrae en verlengings van kontrakte.

Die verlengde kontrakte bedra tot soveel as R3,6 miljard, terwyl daar gekyk word na meer as R427 miljoen se afwykings van tenderbedrae en onreëlmatige besteding van R549 miljoen, soos berig deur Fin24.

Volgens Godi het hy Maandagaand ’n brief van die direksie gekry wat vra die ontmoeting moet tot Januarie uitgestel word.

Volgens Mabaso is die direksie daartoe verbind om behoorlik aan Skoor verslag te doen, maar die direkteure het meer tyd nodig om voor te berei.

Volgens haar was Transnet bewus van die Skoor-sitting wat Woensdag gehou sou word en die Transnet-bestuur het daarvoor voorberei.

Behalwe die voorsitter was geen ander direkteure egter by enige van die vorige twee verskynings van Transnet voor Skoor wat op 22 en 28 November plaasgevind het nie, en die direkteure het dus minder as 48 ure gehad om voor te berei. Sommige direkteure kon ook nie op so ’n kort kennisgewing die sitting bywoon nie.

Die Valke, die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, het ook die Skoor-sitting bygewoon, maar kon nie hul aanbieding doen nie omdat die Transnet-direkteure nie daar was nie. Die Valke sou verslag doen oor hul vordering met ondersoeke na bewerings van ongerymdhede by Transnet.

Meer oor:  Transnet  |  Themba Godi  |  Skoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.