Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Transnet kry hofbevel teen Baaise sloerstakers

Transnet het ’n dringende hofbevel gekry om die onwettige staking deur werkers by die Ngqura-houerkaai buite Port Elizabeth te stop.

Ngqura
Transnet se Ngqura-houerhawe buite Port Elizabeth. Foto: Verskaf

Die hofbevel wat by die Arbeidshof verkry is, beveel die werkers om ook hul prestasievlakke by die hawe te verbeter.

Werkers het twee weke gelede met ’n onwettige sloerstaking by die Ngqura-hawe begin, glo weens ontevredenheid oor bonusse en lone.

Dit het reeds grootskaalse ontwrigting vir die sitrus- en motorbedryf in die Oos-Kaap veroorsaak wat van die hawe afhanklik is vir uitvoer.

Die hofbevel deur die Arbeidshof in Port Elizabeth is aan alle werknemers by die Ngqura-houerkaai uitgereik.

Bedrywighede by die hawe is ook ontwrig weens kwaadwillige versteuring van radioseine, het Transnet Sondag in ’n verklaring gesê.

Transnet
Mohammed Mahomedy, Transnet se waarnemende uitvoerende hoof.

Nadat 11 werknemers verlede week geskors is, het die versteuring van die radioseine opgehou en het die bedryfsprestasie verbeter.

Volgens Transnet het bedryfsprestasie by die houerkaaie in Durban en Kaapstad ook verbeter.

Mohammed Mahomedy, waarnemende uitvoerende hoof van Transnet, het gesê hulle werk voluit om oplossings vir die krisis te vind. Dit sluit die prioritisering van dringende vragbesendings. “Ons verfyn ook ons gebeurlikheidsplanne om die impak op die ekonomie te beperk,” het hy gesê.

Meer oor:  Transnet  |  Mohammed Mahomedy  |  Ngqura  |  Hawe  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.