Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Trump: Die Fed is mal
Donald Trump

Pres. Donald Trump sê die Federale Reserweraad (Fed) “is mal” omdat dit aanhou om rentekoerse in Amerika te verhoog.

Trump het die uitlating in ’n telefoononderhoud Woensdagaand met Fox News gemaak ure nadat die swakste dag sedert Februarie vir Amerikaanse markte gesluit het.

Trump het ontken dat die land se handelstwis met China die rede vir die swak dag was.

“Dit was nie dit nie. My probleem is met die Fed,” sê hy.

“Die Fed is gek. Hulle verhoog rentekoerse en dit is verspot.”

Hy het dié kommentaar opgevolg met: “The Fed is going loco”.

Trump het vroeër Woensdag ook teenoor die Fed uitgevaar toe hy in Pennsilvanië vir ’n verkiesingsveldtog opgedaag het.

Toe het hy gesê: “Hulle is so streng. Ek dink die Fed het mal geword.”

Ontleders meen weer markte het swak gevaar weens hernude kommer oor sy handelsoorlog met China.

Die Fed is gek. Hulle verhoog rentekoerse en dit is verspot.
Pres. Donald Trump

Trump vaar reeds sedert Julie in die openbaar uit teenoor die Fed omdat hy rentekoerse verhoog.

Hy het in September gesê hy is “nie tevrede” dat die Fed toe weer rentekoerse verhoog het nie. Dit was die derde keer vanjaar dat rentekoerse in Amerika verhoog is.

Trump, wat gereeld die styging in aandelepryse aan sy goeie ekonomiese beleid toeskryf, het die betekenis van die dalende mark afgemaak as nie beduidend nie deur die vinger na die Fed te wys.

“Ek dink dit is goed,” het hy oor die daling gesê.

“Dit is eintlik ’n regstelling waarvoor ons vir ’n lang tyd gewag het. Maar ek stem regtig nie saam met wat die Fed doen nie.”

Die S&P500 het tot die laagste vlak in drie maande gedaal.

Die Nywerheidsindeks op die Dow Jones het met 836 punte gedaal terwyl die Nasdaq 100-indeks met meer as 4% geval het. Dit is die grootste daling in sewe jaar.

Die daling volg op die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se nuutste verslag wat waarsku wêreld- ekonomiese groei is besig om ’n plato te bereik.

Hy het sy groeiverwagting vir die volgende twee jaar laer aangepas.

Die IMF het spesifiek toenemende spanning oor handel en spanning in ontluikende markte vir sy besluit geblameer.

Trump het vanjaar reeds tariewe op $250 miljard se Chinese invoer gehef.

Die Chinese regering het gereageer en weer tariewe op $110 miljard se Amerikaanse invoer gehef.

Die IMF se vooruitskattings neem nie Trump se dreigement in ag dat hy tariewe gaan hef op bykans al die sowat $500 miljard se Chinese goedere wat elke jaar na Amerika ingevoer word nie.

Michelle Smith, woordvoerder van die Fed, was nie bereid om kommentaar te lewer oor Trump se nuutste uitlatings nie.

Trump het self vir Jerome Powell, die huidige voorsitter van die Fed, aangestel.

Powell het vroeër in Oktober gesê hy voorsien dat die Fed sal aanhou om rentekoerse geleidelik te verhoog.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Federale Reserweraad  |  Fed  |  Jerome Powell  |  Donald Trump  |  China  |  Vsa  |  Amerika  |  Rentekoerse  |  Markte  |  Handelsoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.