Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Trump nie juis vanjaar welkom by WEF-beraad

Dis onwaarskynlik dat oudpres. Donald Trum genooi gaan word vir die jaarlikse beraad van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF).

Oudpres. Donald Trump is dalk nie op die gastelys vir die grootste byeenkoms van politieke leiers en sakelui nie. Foto: Reuters

Die WEF-beraad word gewoonlik einde Januarie in die luukse oorddorpie Davos in die Switserse Alpe gehou, maar vanjaar is dit weens die Covid-19-pandemie tot Mei uitgestel. Dit sal in Singapoer gehou word. ’n Reeks aanlyn besprekings word wel in die week wat kom, gehou.

Trump was verlede jaar een van die mees gesogte mense op die gastelys. In antwoord op die vraag of Trump weer genooi gaan word, het Klaus Schwab, WEF-stigter en -voorsitter, aan die Duitse koerant NZZ am Sonntag gesê: “Ek sal na ’n stil vertrek moet gaan en daaroor dink. Wanneer ek uitkom, sal die antwoord waarskynlik nee wees.”

Onder die mense wat dié week se virtuele vergaderings bywoon, tel pres. Xi Jinping van China en dr. Angela Merkel, Duitse bondskanselier.

Schwab sê hy is nie spyt dat Trump na verlede jaar se WEF-beraad genooi is nie. “Die forum nooi nie persoonlikhede nie, maar probeer besluitnemers in staat stel om op ’n verteenwoordigende manier in Davos deel te neem. Ons nooi die Amerikaanse president omdat hy ongetwyfeld een van die beslissende rolspelers in die wêreld is.”

Op die vraag of Trump se opvolger, pres. Joe Biden, die Singapoer-geleentheid sal bywoon, het Schwab net gesê: “ ’n Mens kan altyd hoop.” – Bloomberg

Meer oor:  Donald Trump  |  Wef  |  Wêreldekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.