Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
TV’s kos 43% minder toe GoT begin

Niks ontkom aan inflasie nie – selfs nie vermaak nie. Dit sluit in die televisiestel waarop jy die epiese HBO-televisiereeks Game of Thrones (GoT) kyk, sê Statistieke Suid-Afrika (SSA).

Die prys van ’n televisiestel het die afgelope agt jaar met meer as 43% gestyg en dié van ’n bottel wyn met gemiddeld 40%, volgens syfers wat die SSA in die afgelope week uitgereik het om saam te val met die eerste episode in die agtste en finale GoT-reeks, wat nou wêreldwyd gebeeldsend word.

game of thrones

Die eerste seisoen van dié mitiese reeks is in 2011 uitgesaai.

In ’n artikel op die webblad forbes.com skryf Dana Feldman die gemiddelde begroting per episode in die finale reeks is glo $15 miljoen, teenoor gemiddeld $10 miljoen per episode in vorige reekse.

Hoofkarakters soos Emilia Clarke (Daenerys Targaryen), Nikolaj Coster-Waldau (Jaime Lannister) en Kit Harrington (Jon Snow) het glo goed geld gemaak. Hul verdienste word op tussen $500 000 en $1,2 miljoen per episode geraam.

Die trefferreeks word in meer as 200 lande uitgesaai of via stromingsdienste gevolg.

Die reeks is uit die pen van George R.R. Martin en die TV-reeks is geskep deur David Benioff en D.B. Weiss. 

Meer oor:  Ekonomie  |  Inflasie  |  Televisie  |  Game Of Thrones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.