Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Twak-takies kos firmas R7,2 mjd. per jaar
Uitgedateerde en nie-gedigitaliseerde sakeprosesse kos onder meer die Suid-Afrikaanse ekonomie miljarde per jaar. Foto: Pixabay

Daar is geen tekort aan voorbeelde van ondoeltreffende administrasie in Suid-Afrika nie, maar ’n nuwe verslag wys wat dit ons kos: R7,2 miljard per jaar.

Met ander woorde, elke vergadering wat jy voel eerder ’n e-pos kon wees, kos jou nie net frustrasie nie, dit dra by tot die R229 per sekonde wat die land aan ondoeltreffendheid verloor.

Sage, ’n Britse tegnologiemaatskappy, doen elke jaar ’n wêreldwye produktiwiteitsontleding wat mik om die koste van swak administrasie en nie-digitalisering vas te stel.

Vir vanjaar se navorsingsverslag het Sage klein tot mediumgrootte ondernemings in 12 lande geëvalueer vir sy finale verslag.

Deur te bepaal hoeveel werksure toegewy word aan uitgedateerde take of verantwoordelikhede wat deur die gebruik van standaardtegnologie of digitale stelsels vervang sou kon word, kan Sage skat hoe baie geld onnodig gemors word.

Suid-Afrika het net-net verbeter teenoor sy 2018-prestasie, waar hy toe R231, R2 méér, elke sekonde aan ondoeltreffendheid verloor het.

Altesame kos dié soort ondoeltreffendheid die wêreldekonomie sowat R8 200 miljard in 2019. Dit is ’n toename van 2,6% teenoor verlede jaar.

“Die hoeveelheid tyd wat Suid-Afrikaanse ondernemings aan administrasie bestee, vergelyk goed met internasionale maatstawwe, maar ons kan steeds meer doen om die tyd wat ondernemings aan roetinetake bestee, te verminder. Dit sluit in om fakture te genereer, belasting te betaal, betalings na te jaag en salarisstrokies uit te reik,” sê Pieter Bensch, uitvoerende adjunkpresident vir Sage in Afrika en die Midde-Ooste.

Sage voel wel dat klein en mediumgrootte ondernemings in die land onnodig teruggehou word deur sulke probleme. “Die oorgang na ’n digitale sakemodel en die outomatisering van meer sakeprosesse kan vir ondernemings aansienlike waarde ontsluit.”

Meer oor:  Ekonomie  |  Maatskappye  |  Administrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.