Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Twee adjunkte vir Reserwebank benoem

Tito Mboweni, minster van finansies, en Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het ooreengekom om aan die president twee kandidate vir die poste van adjunkhoofde van die Reserwebank aan te beveel.

Mboweni het Donderdag op Twitter na ’n vergadering tussen hom en Kganyago gesê hulle het ook ingestem om twee kandidate vir die adjunkhoofposte aan die president aan te beveel.

Hy het in ’n twiet gesê ’n man en ’n vrou is aanbeveel en dat dit ook gebalanseerd volgens ras is. Die monetêrebeleidskomitee van die Reserwebank het drie lede wat nie in die pos van adjunkhoof is nie.

Hulle is Fundi Tshazibana, die hoof van die Reserwebank se adviseur, Chris Loewald, wat verlede week as ’n lid van die komitee aangestel is en Rashad Cassim.

Daniel Mminele het op 30 Junie as adjunkhoof bedank nie lank nadat Francois Groepe skielik in Januarie bedank het nie.

Die vakante pos van Groepe het ekonome bekommer, het Netwerk24 voorheen berig. 

Nadat Mminele weg is, bestaan die beleidskomitee net uit vyf lede met Kuben Naidoo wat die enigste adjunkhoof is wat oorgebly het.

Die president stel die hoof van die Reserwebank en sy drie adjunkte vir ’n tydperk van vyf jaar aan.

Pres. Cyril Ramaphosa het drie weke gelede die direksie van die Reserwebank, Kganyago en die adjunkminister van finansies ontmoet om die vakante poste te bespreek, maar daar word nog gewag op die aankondiging van wie die poste gaan vul. – Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.