Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Tyd vir SA om IMF toe te gaan – IIF

Suid-Afrika moet finansiering van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) probeer kry in die lig van sy hoë skuldvlakke, groot uitvloei van kapitaal en die potensiële diep resessie waarin die land hom weens die koronavirus-pandemie gaan bevind, meen die Institute of International Finance (IIF).

instituut
Die IIF is gestig deur nywerheidslande se banke met die skuldkrisis wat in die 1980's ontstaan het.

Die IIF verwag dat Suid-Afrika se ekonomie vanjaar met 2,5% gaan krimp. ’n Daling in vraag, beperkings op reis en ondernemings wat weens die pandemie gaan sluit, kan die land egter in ’n dieper resessie plaas.

“Ons glo dit is tyd dat Suid-Afrika vir hulp na die multilaterale organisasies gaan,” sê die IIF.

Die groep is deur 38 banke van groot nywerheidslande in reaksie op die skuldkrisis van die vroeë 1980’s begin.

Die instituut noem Suid-Afrika se ekonomiese situasie “toenemend onhoudbaar”.

Hulp van die IMF sal “broodnodige finansiering” verskaf vir die land en sal “help om beleggersvertroue te lig”. Die aanbeveling sal waarskynlik gekritiseer word.

Dit is ongewild by die regering en sy vakbondvennote.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Sondag gesê die land sal hom net as ’n laaste uitweg tot die IMF wend.

Die rede daarvoor is die vrese vir die streng perke wat die IMF dan op besteding gaan plaas.

Die instituut meen egter in die lig van die toestand van die staatskas is Suid-Afrika se beweegruimte beperk en dat dit net deur die koronavirus-pandemie vererger word.

Moody’s se besluit Vrydag om Suid-Afrika se kredietgradering tot onder beleggingsgraad te verlaag, wat kapitaal van $12 miljard kan laat uitvloei, kompliseer die situasie net verder, volgens die IIF.

Die afgradering gaan die finansieringskostes van die staat verhoog en druk op die rand plaas, volgens die IIF. – Reuters

Meer oor:  Fitch  |  Imf  |  Moody's  |  Resessie  |  Afgradering  |  Ekonomiese Groei  |  Koronavirus  |  Hulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.