Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Uitspraak oor inperking bring ekonomiese twyfel
Prof Raymond ParsonsFoto: Argief

Enige onsekerheid oor hoe lank vlak 3 van die staat van inperking weens die Covid-19-pandemie gaan geld, moet so gou as moontlik uit die weg geruim word.

Regter Norman Davis se uitspraak Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria, dat die regulasies van vlak 3 en vlak 4 van die inperking ongrondwetlik en ongeldig is, help niks om dié onsekerheid uit die weg te ruim nie.

Inteendeel, sê prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, dit bring tans net méér beleidsonsekerheid.

“Terwyl die oppergesag van die reg gehandhaaf word, bring die uitspraak van die hooggeregshof meer onvoorspelbaarheid in ’n reeds onsekere ekonomiese en openbare gesondheidsomgewing in,” sê Parsons in ’n verklaring in reaksie op die uitspraak.

“Die regering moet dringend aandui wat hy volgende gaan doen.

“Aangesien beleidsekerheid noodsaaklik is vir ekonomiese herstel, is dit noodsaaklik dat die konstitusionele hof, so gou as moontlik, uitspraak lewer indien die regering teen die beslissing appelleer.

“Die jongste beslissing skep ook ’n geleentheid om die inperkingsregulasies te rasionaliseer en te verfyn,” sê hy.

Parsons sê dat sake en verbruikers ook moet weet waar hulle staan met betrekking tot wetgewing, veral wanneer die grasietyd van 14 dae verstryk het.

Dié grasietyd is ingestel omdat die hof self sy verklaring van ongeldigheid vir 14 dae opgeskort het.

LEES OOK: Uitspraak oor regulasies van inperking verwelkom

Die uitspraak volg nadat Reyno de Beer en sy Liberty Fighters Network, ’n gemeenskapsvereniging, en die Hola Bon Renaissance-stigting vroeër ’n dringende aansoek teen die regulasies en teen dr. Nkosazana Dlamini-Zuma in haar kapasiteit as minister van samewerkende regering en tradisionele sake ingedien het.

Die aansoekers het onder meer die regulasies en die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie as irrasioneel beskryf en die hof versoek om dit ongeldig en ongrondwetlik te verklaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.