Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Uitvoer kom weer op dreef
Suid-Afrikaanse uitvoer het in Mei weer begin styg.Foto: Argief

Suid-Afrikaanse maatskappye het nie op hulle laat wag om weer hulle produkte uit te voer nie.

Toe die staat van inperking in Mei na vlak 4 geskuif het, het uitvoer die hoogte ingeskiet in vergelyking met April.

Volgens die jongste syfers wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens Dinsdag bekend gemaak het, het die uitvoer in Suid-Afrika tussen April en Mei met 96,1% gestyg. Boonop het die invoer tussen April en Mei met R6,11 miljard (6,5%) gedaal.

Suid-Afrika het in Mei ’n handelsoorskot van R15,94 miljard gelewer. Dit is hoeveel die land meer uit- as ingevoer het.

Luidens die syfers is die handelsoorskot van R15,94 miljard in Mei ’n verbetering van die handelsoorskot van R1,64 miljard in Mei 2019.

Suid-Afrika het in Mei goedere ter waarde van R101,85 miljard uitgevoer. Dit was veral die uitvoer van plaaslik vervaardigde produkte, tekstiele, voertuie en chemiese produkte wat die hoogte ingeskiet het.

Vir die jaar tot einde Mei het Suid-Afrika nou R480,09 miljard se produkte uitgevoer. Dit is 9,1% minder as die R506,44 miljard vir dieselfde tydperk ’n jaar tevore.

Die invoer in dié tydperk het met 2,2% van R513,66 miljard tot R467,12 miljard gedaal.

Die handelsoorskot vir die jaar tot einde Mei beloop nou R12,97 miljard. Dit is teenoor die handelstekort van R7,22 miljard vir dieselfde tydperk ’n jaar gelede.

Die SAID sê hy het ook die handelstekort van April met R0,93 miljard aangepas. Dit is dus nou R35,02 miljard.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Covid-19  |  Uitvoer  |  Handelsbalans  |  Vlak 4
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.