Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vakbonde ‘gemuilband’ oor staat se lone

Die fasiliteringsproses tussen die staat en vakbonde is verleng, en vakbonde bly tjoepstil oor hoe hul sake nou lyk.

’n Cosatu-lid tydens ’n staking in KwaZulu-Natal. Foto: Getty Images

Die staat se koördinerende bedingingsraad, die PSCBC, se fasilitering van onderhandelinge oor staatsamptenare se salarisverhogings vir die volgende drie jaar sou aanvanklik net tien dae geduur en Woensdag tot ’n einde gekom het.

Mugwena Maluleka, woordvoerder van Cosatu oor alle geaffilieerde vakbonde, sê egter Woensdag dat die proses nou langer sal duur.

Volgens Maluleka het die oorblywende vakbonde nog nie gereageer op die staat se jongste aanbod nie, dus sal die proses verleng word.

Die staat het in sy jongste aanbod vir die staatsdiens ’n 1,5%-verhoging aangebied op amptenare se nie-pensioendraende salaris. Daarby is ’n ex gratia-betaling van R978 per maand (voor belasting) vir 12 maande aangebied.

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA), wat nie meer deel is van die fasiliteringsproses nie, beskou die aanbod as ’n “klap in die gesig”.

Hul aanvanklike eis was vir 7,2% hoër salarisse, plus talle nuwe voordele en meer verlof.

Vakbonde wat nog deel is van die proses praat nou nie meer individueel nie. “Uit respek vir Cosatu” is alle navrae na die vakverbond verwys.

Maluleka is nou al kontakpersoon uit al die betrokke vakbonde wat sal kommentaar lewer op die onderhandelinge onder die vaandel van Cosatu self.

Waar Nehawu nog weke gelede geraas en geblaas het, is dié nou tjoepstil.

Cosatu beoog nie om binnekort kommentaar te lewer op die staat se jongste aanbod nie.

Maluleka dui aan dat die vakverbond eers oor “tien of 14 dae” ’n verklaring sal uitstuur “wanneer hy bereid is om te reageer op die staat se aanbod”.

Intussen het die onafhanklike VSA ’n dispuut verklaar, wat die weg baan vir ’n staking binne 30 dae.

Meer oor:  Nehawu  |  Cosatu  |  Vsa  |  Staatsamptenare
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.