Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vakbonde kap plan met staatswerkers se verhogings
Die Uniegebou in Pretoria. Foto: Sarel van der Walt

Die regering het Dinsdagaand ’n voorstel aan vakbonde gemaak om die driejaar-ooreenkoms oor staatsamptenare se salarisse te wysig. Dit het skerp kritiek onder vakbonde ontlok.

Tito Mboweni, minister van finansies, sal waarskynlik Woensdag in sy begrotingsrede na staatsamptenare se salarisse verwys.

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) het die regering se besluit om staatsamptenare se onderhandelde salarisverhoging vir die jaar te hersien in ’n verklaring bekend gemaak. Die ooreenkoms is nou in sy derde jaar.

Die onderhandelinge vind by die staatsdiens se koördinerende bedingingsraad plaas.

“In die lig van die sukkelende ekonomie en as ’n mens in ag neem dat elektrisiteit, brandstof en die meeste produkte al hoe duurder word, kan staatsamptenare dit eenvoudig nie bekostig om ’n salarisverhoging op te offer nie,” sê die VSA.

Die vakverbond Cosatu het ook die voorstel gekritiseer en sê dit word as ’n “aanval op kollektiewe bedinging beskou”. Cosatu sê dit sal nooit aanvaar word nie.

Volgens die VSA stel die regering voor dat klousule 3.3 van die bestaande loonooreenkoms gewysig word.

Ingevolge die ooreenkoms van 2018 sal amptenare ’n verhoging kry van verwagte verbruikersprysinflasie plus 0,5%, of plus 1% afhangende van hul salarisgraad. - Fin24, verkort

Meer oor:  Staatsamptenare  |  Vakbonde  |  Staatskuld  |  Salarisse  |  Begrotingsrede  |  Begroting2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.