Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Van Kaap tot Ekurhuleni loop deur by Moody’s
Bloemfontein is deel van die Mangaung-metro. Foto: Argief

Ses uit die sewe munisipaliteite wat skuldbriewe uitreik, is pas afgegradeer.

Net een, Mangaung, het ’n afgradering vrygespring, maar dis net omdat die metropolitaanse munisipaliteit wat Bloemfontein beheer, reeds so laag gegradeer is.

Moody’s Investors Service se munisipale afgraderings is die regstreekse gevolg van die afgradering van staatseffekte verlede Vrydag tot twee vlakke onder beleggingsgraad (Ba2). Staatsinstellings soos Eskom, die Landbank, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en private instellings soos die land se banke en versekeraars is ook die afgelope paar dae afgegradeer as gevolg hiervan.

’n Negatiewe vooruitsig is op al die munisipale graderings behou.

Moody’s sê munisipaliteite het fiskale uitdagings wat deur die Covid-19-pandemie vererger is. Die uitdagings sal op mediumtermyn voortduur. “Trae groeivooruitsigte in die land en hoë werkloosheid sal munisipaliteite se vermoë verder beperk om water- en kragtariewe in te vorder, wat ’n groot deel van hul inkomste verteenwoordig.”

Die metropolitaanse munisipaliteite van Kaapstad, Johannesburg en Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) is afgegradeer tot Ba2, twee vlakke onder beleggingsgraad en dus dieselfde as Suid-Afrika. Hoewel die drie lae skuldvlakke en redelik goeie kontantvloei het, sien Moody’s geen rede waarom hulle hoër as die land gegradeer moet word nie.

Tshwane (Pretoria), uMhlathuze (Richardsbaai, Empangeni) en Ekurhuleni (Germiston, Kempton Park) is afgegradeer tot Ba3, drie vlakke onder beleggingsgraad. Dié munisipaliteite se geldsake lyk slegter, wat hulle minder veerkragtig maak in die omgewing van lae ekonomiese groei. Hulle sal ook langer en meer ly weens die impak van die Covid-19-krisis.

Mangaung, wat reeds sewe vlakke onder beleggingsgraad gegradeer was, is nie verder afgegradeer nie. Die metro se lae gradering – daar is net drie vlakke laer as Caa2 – weerspieël sy geskiedenis van laat betalings op sy skuld en sy swak kontantvloei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.